Disbabelia (Volume 6 – Année 2002)

ISBN: 84-8448-185-9 – Nº 6/2002
EDITA: Secretariado de Publicaciones e Intercambio Editorial

C.M. VAN DEN HEEVER
Verano. Clásico de la literatura afrikaans

Traducción, introducción y notas de
SANTIAGO MARTÍN y JUAN MIGUEL ZARANDONA

 

PRÓLOGO
 
 
Die novelle Somer word beskou as een van die juwele van die ouer Afrikaanse prosa. Vir meer as 50 jaar na die verskyning daarvan in 1935 is dit as voorgeskrewe teks vir literatuurstudie op skool en universiteit bestudeer. Volgens Barend J. Toerien, Afrikaans literature in translation -a bibliography (1993) is dit vertaal in Vlaams (1937), Duits (1937) en Engels (1945). Dit is omskep in ‘n televisiedrama en gebeeldsend in 1974.

Selfs vandag nog kan ‘n eietydse leser geboei word deur die teks, wat, vanweë die toespitsing daarin op ‘n landelike lewe, die boerdery en boeremense, onder andere as ‘n pastorale idile gelees kan word. Die grootste natuurtonele daarin -wyd uitgestrekte grasvlaktes met blou reekse berge daarom heen, die deining van geelryp koringlande met “‘n laatste goudvonk van die verdwynende son” in die koringare, die dreigende geweld van wolke en wind voor ‘n haelstorm verwoestend losbars, die majesteit van somernagte met die sterre en maan helder en naby- laat die leser diep onder die indruk van die skoonheid van die Suid-Afrikaanse landskap.

Die mense wat hierdie ruimte bewoon, vertoon ‘n sekere eenvoud van lewenswyse en van wêreldbeskouing. Dit word veral beliggaam in die karakter van die boer, “oom” Tom du Preez, en sy mooi dogter Linda. Oom Tom is volkome toegewyd aan sy arbeid op die plaas, hy is diep verbonde aan sy grond. Daarby is hy meelewend teenoor sy broer Frans en staan hom by in teenspoed, en hy is innig lief en beskermend teenoor sy dogter.

Linda is vlytig in haar dienswerk op die plaas, ‘n deugsame dogter. Sy is draer van die liefdesmotief wat eie is aan die idille. Sy bemin die swerwer Wynand, wat iets van ‘n troebadoer het met sy konsertina, ‘n musiekinstrument wat hy by die feestelike byeenkomste op die plaas speel. Maar sy moet vir hom ‘n prinsesvan verre bly; hy durf haar liefde nie beantwoord nie, vanweë ‘n duistere verlede wat hom tot ‘n swerwersbestaan verdoem.

So kom die weemoed, die verlange wat so eie is aan die romantiese verhaal, die idilliese wêreld binne.

Liefde, in die romantiese verhaal, kan ook bose vorme aanneem. Dit verskyn hier in Linda se gefrustreerde bewonderaar Hannes se gevaarlike, en uiteindelik noodlottige jaloesie.

Maar die pastorale bestaan word ook deur ander elemente, wat ‘n mens die werklikhede van natuur en geskiedenis kan noem, ondermyn.

Daar is van die skrywer CM van den Heever gesê, dat romantiek en realisme steeds in sy werk in konflik met mekaar is. Die novelle Somer demonstreer dit ook. Die pragtige natuurskoon, bron van verwondering vir die mens, is terselfdertyd ‘n bedreiging. De natuur behels ook oorweldigende kragte, “sonder ‘n wil om die swoegende mense hier te dien”(bl 116). Dit manifesteer in die vernietigende haelstorm, in die verwoestende brand van die koringmiedens, in die onverbiddelike voortskryding van die seisoene.

Daarom word die mens in hierdie teks meermale getoon as ‘n klein stippeltjie in ‘n grootse landskap, onder ‘n hoë, wyduitstrekkende hemel: ‘n beeld sprekend van die magteloosheid van die mens teenoor die natuurkragte.

Reeds vroeg in die verhaal word die leser ook bewus gemaak van ‘n ander wêreld as die van die geordende en bekende boerdery, ‘n wêreld wat vreemd, selfs vyandig staan teenoor die tradisionele boerelewe. In hul eerste gesprek vra die boer, oom Tom, aan die swerwer Wynand: “Ken jy vir Johannesburg, vriend?”. Dit kondig die tema aan van ontwrigting van die “boere-paradys” deur ekonomiese werklikhede eie aan die tydperk in Suid-Afrika.

Johannesburg het tot ‘n stad en tot die middelpunt van die goudmynbedryf gegroei na die ontdekking van goud in die omgewing daarvan, aan die Witwatersrand in 1886. In die vroeë jare van die twintigste eeu het dit vir die landelike Afrikaanse boeremense -soos oom Tom du Preez in Somer– die versinnebeelding van ‘n gans ander, vreemde en vyandige bestaan geword. Maar veranderende ekonomiese en sosiale omstandighede -die onderverdeling van grond tussen familielede totdat dit nie meer ekonomies voordelig bedryf kon word nie; die ontwikkeling van nuwe ekonomiese sisteme- het die ou agrariese bestel in Suid-Afrika in die twintigerjare van die twintigste eeu laat verbrokkel. So gebeur dit dan dat die gevreesde stad, ironies genoeg, ‘n heenkome vir ‘n alternatiewe broodwinning moes word.

Hierdie episode in Suid-Afrikaanse geskiedenis word in Somer nagetrek. Oom Tom se verwysing, kort na sy vraag, na sy broer Lukas som dit eintlik op: Lukas het teveel skuld aangegaan, hy het sy erfgrond verloor, hy moes in Johannesburg op die (goud) -myne gaan werk- en niks verder word van hom gehoor nie.

Die boere, en die vertolkende outeur wat aan hulle innerlike belewenis “stem” gee in Somer, is pynlik daarvan bewus dat die lewensvorme waarin hulle so lank gewortel was, onherroeplik kan verander en verdwyn.

So word die verskillende motiewe in die novelle uitgewerk onder die teken van “afskeid”. Van die somerseisoen moet afskeid geneem word; Linda moet afskeid neem van Wynand; die boere vrees die verloregaan van hul vertroude wêreld. Die sin van alles wat die leser in die novele meegemmak het, word saamgevat in die droewige oorpeinsing van Linda in die laaste hoofstuk: “O, haar hart huiwer; sy is bang vir wat kom. Uit die volgroeide somerlewe, die vlammende kleurgeweld om haar, die swaar geur van vrugte in die boord, die deursonde struike en plante en die groot sonnehemel so wyd stralend oor alles, kom die boodskap na haar gewonde hart: afskeid. Dit is die ware betekenis van die lewe: dat in alles wat vir jou skoonheid was, waar jou hart aan hang of jy dit nooit kan verloor nie, die afskeid reeds te lees is…”

CM van den Heever (1902-1957) het ‘n verskeidenheid literêre genres beoefen. Hy was digter, romansier, skrywer van kortverhale, essays, en het veral in die jare tussen sy debuut as digter in 1926 tot met die verskyning van sy belangrikste roman Laat vrugte (1939) ‘n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde. Sy literêre nalatenskap leef die sterkste in sy vestiging en ontginning van die genre van die plaasroman in Afrikaans, waarvan Somer as een van die beste voorbeelde beskou word.

Elize Botha

 
 
 
 
 
 

PRÓLOGO
(traducción)
 
 
La novela Somer se considera como una de las joyas de la vieja prosa afrikaans. Durante más de cincuenta años, desde su aparición en 1934, dicha obra ha sido lectura obligada en los estudios de literatura de la enseñanza media y universitaria de Sudáfrica. Según Barend J. Toerien, en Afrikaans Literature in Translation. A bibliography (1993), la obra se ha traducido al flamenco (1937), alemán (1945) e inglés (1945). También ha sido adaptada al drama televisivo y representada en 1974.

Incluso, hoy en día, debido a que el lector contemporáneo se siente atrapado por el interés por la vida campestre, la granja y el campesino, la obra puede leerse, entre otras cosas, como un idilio bucólico. El gran espectáculo de la naturaleza -los amplios campos rodeados de cordilleras de montañas azules, los campos de trigo con “la última chispa de oro del sol poniente” en las aristas, la acechante violencia de las nubes y el viento antes del estallido aplastante del granizo, la majestuosidad de las noches estivales con las estrellas y la luna cercanas y claras-, deja profunda huella en el lector, así como la belleza del panorama sudafricano.

La gente que habita tal espacio muestra una cierta sencillez de estilo de vida y cosmovisión. Esto se ve reflejado en el carácter del campesino, ‘oom’ Tom du Preez, y su bella hija, Linda. El campesino Tom se ha entregado por completo a su trabajo en el campo, está profundamente ligado a la tierra. Además, tiene sentimientos de compasión hacia su hermano Frans y le ayuda en su adversidad, y es sumamente cariñoso y protector para con su hija.

Linda es trabajadora y sabe hacer bien su trabajo; es, pues, una hija decente. Ella es la causa del motivo de amor que forma la parte central del idilio. Ella ama al errante Wynand, que tiene aires de algo así como un trovador con su acordeón, instrumento que suele tocar en las fiestas locales. Pero ella, para él, debe ser una princesa a distancia; él no se atreve a corresponder a su amor debido a su oscuro pasado que lo ha condenado a la vida errante.

Así aparece la melancolía, el deseo tan propio de esta historia romántica, el idílico mundo interior.

El amor, en la narración romántica, también puede adquirir formas malévolas. Aparece, pues, como la peligrosa y finalmente fatídica envidia del frustrado pretendiente de Linda, Hannes.

Pero la existencia bucólica también se refleja a través de otro elemento, a saber, que el hombre puede dominar la realidad de la naturaleza y la historia.

Se ha dicho del autor C.M. van den Heever que, en su obra, el romanticismo y el realismo continuamente están en conflicto. La novela Somer es una muestra de ello. La preciosa belleza de la naturaleza, fuente del asombro del hombre, al mismo tiempo, es una amenaza. La naturaleza también contiene poderes abrumadores, “sin ganas de ayudar al hombre trabajador”. Esto se manifiesta en el granizo arrasador, en el fuego devastador de las parvas y en el inexorable paso de las estaciones.

Por esta razón, más de una vez se presenta al hombre como un puntito en el inmenso paisaje, bajo un alto y amplio cielo: una metáfora de la impotencia del hombre frente a la fuerza de la naturaleza.

Al comienzo de la novela, el lector es consciente de otro mundo fuera del mundo ordenado y familiar de la granja, un mundo algo extraño, incluso hostil con respecto a la vida tradicional campestre. En su primer encuentro, el campesino Tom le pregunta al vagabundo Wynand: “¿Conoce Johannesburgo, amigo?”. Aquí se introduce el tema del desarraigo del ‘paraíso campestre’ debido a la realidad económica de aquellos tiempos en Sudáfrica.

Johannesburgo creció como la ciudad y el centro de la industria minera del oro después del descubrimiento del precioso metal en sus alrededores, en Witwatersrand en 1886. A principios del siglo XX, para campesinos afrikáner como Tom du Preez en Somer, este hecho fue la imagen de una vida hostil, extraña y diferente. Pero las circunstancias económicas y sociales que estaban cambiando -la distribución de la tierra entre los miembros de la familia hasta tal extremo de que la granja jamás pudiera prosperar económicamente; el desarrollo de un nuevo sistema económico-, desmoronaron el viejo sistema agrario sudafricano de los años veinte del siglo XX. Así sucedió irónicamente que, por necesidad, la temible ciudad se convirtió en una forma alternativa de sustento.

Este episodio de la historia sudafricana ve su plasmación en Somer. La alusión del campesino Tom -tras preguntarle a Wijnand si conoce Johannesburgo- a su hermano Lukas resume dicha historia en cuatro palabras: Lukas tiene demasiadas deudas, ha perdido su legado, tuvo que irse a trabajar a las minas (de oro) de Johannesburgo, y nunca más se supo de él.

El campesino, y el autor que traduce sus experiencias interiores mediante la ‘voz’ en Somer, es dolorosamente consciente de que las formas de vida en las que tienen sus raíces, están inexorablemente cambiando y desapareciendo.

Así, los distintos motivos de la novela se desarrollan bajo el signo de la despedida. Uno debe despedirse del verano; Linda debe despedirse de Wynand; el campesino teme la pérdida de su mundo entrañable. El sentido de todo lo que experimenta el lector de Somer se resume con el triste pensamiento de Linda en el último capítulo: “¡Ay!, el corazón de Linda siente pavor, tiene miedo por lo que tiene que venir. Desde la vida de verano, en pleno crecimiento, la ardiente violencia colorida a su alrededor, la profunda fragancia de frutas en la huerta, las matas y plantas, impregnadas de sol, y el espacioso firmamento de verano -cubriéndolo todo con su esplendor-, le llega a su corazón herido el mensaje: despedida. Éste es el verdadero sentido de la vida, de que en todo lo que para uno es belleza, en todo lo que anhela el corazón como si jamás pudiera perderlo, puede verse la incipiente despedida.”

Elize Botha

 
 
 
  •  
    H E R M Ē N E U S
    Revista de Traducción e Interpretación

     
    V E R T E R E
    Monográficos de la Revista Hermēneus

     
    D I S B A B E L I A
    Colección Hermēneus de Traducciones Ignotas

  • Dirección

    Facultad de Traducción e Interpretación
    Campus Universitario Duques de Soria
    42004 Soria (España)

    Correo-e: hermeneus.trad@uva.es           juanmiguel.zarandona@uva.es

    Tel: + 34 975 129 174 / +34 975 129 100
    Fax: + 34 975 129 101